Sunday, 26 July 2015

Dehon se Afrikaanse gedigte.

Van my vorige gedigte in Afrikaans.





Partykeer

Ek was bang
maar dit het my nie kreupel gelaat nie,
ek het klein gevoel
maar dit het my nie laat krimp nie,
ek’t gevoel of my krag my verlaat
maar dit het my nie lamgelê nie.

Die son skyn want
hy kannie anners nie;
partykeer laat die wolke van
twyfel my net
vergeet.



Dehon




REEN

Eerste reen in die woestyn
Vader God spoeg op ons
Moeder God blom.

Eerste donderweer in die nag
Vader God loop oor ons
Moeder God stom.

Ek ruik
Beeskraal
Nat sand
Reen
En ek is
Stil.

My mond is stil
My kop is stil
My hart is stil
Hoe skryf ek, stil?
Hoe paint ek, stil?

Buite raas wind en weer,
Vlermuisgesin piep in my plafon,
Binne, stil.
Uiteindelik stil.
Te stil?

Wat kom uit die stilte?
God praat.
Geboorteplan – weet wie, waarom
Ek is.

Net stil wees.
Kan dit, dit wees?
Stilte?
Is dit,dit?
Ek leef tog,
Al stil.
Dan is daar nog,
U Wil.

Laat my hoor en weet
Want ek het net vergeet.

DEHON JOUBERT 2003






STIL

Spoke van gister
laat my alleen
staan vir Waarheid.

Het U alles gese
wat hulle se
U het gese?

Hoe alleen was U hier in die plek?
Gevoel soos ‘n Gek?
God is in beheer.
Was die tyd reg om te leer
van Liefde?

Hulle sukkel nou nog,
Tweeduisend jaar , en tel nog.
Moet ek ook teach,
om meer te reach,
met Liefde?

Sonder worry oor my kos, huis en klere,
kry ek dan Engelvere?
Die wereld se Lig,
is dit my plig,
in Liefde?

Sout van die aarde,
bere julle swaarde.
Dood is oorwin.
Dis net die begin,
Van Liefde.

Is die Ewige Lewe
waarna almal strewe.
Besef hulle dis, nou?
Waarom nog rou,
met Liefde?

Ek verstaan nie
die hele ding nie.
Praat met my.
Ek wil  hier bly,
in Liefde.

Se vir my duidelik
in ‘n harde stem eindelik.
Ek is n lee houer.
Maak my vol, gouer,
van Liefde.

Vul my met Wil.
Ek voel te stil.
Ek wil weet,
het vergeet,
met Liefde.

Ego uit die pad,
waar is eerste rat?
Wat is u Groot Plan?
‘k voel dis tyd vir inspan,
in Liefde.

Ek is  te haastig.
Ego raak rustig!
God is in beheer.
Ek  vra maar net weer
van Liefde.

Vir nou sal ek wees
gevul met Gees.
Loop die pad.
Volg my hart,
met Liefde.

Ek weet, gelukkig,
van Vrede en Lig.
Ek glo, ek is.
Vind rus
in Liefde.

U het wel gese
ons moet mekaar liefhe
net soos ons, onsself liefhet.
Dis my gebed
van Liefde.

DEHON JOUBERT 2003




Alreeds geplaas in 'n vorige blog, maar nou is al die Afrikaanses bymekaar.


EXCELSIUS


Kom sam na die Beloofde Land

Waar ons reenboogligte helder brand

Los jou ego in die sand

Vat my hand


Het jy geweet dat jy Liefde is,

Die res net ‘n illusie is,

Dat vrees ‘n leuen is,

Hoor jy my?


Volg die Lig binne jou

Verby die dae, jare van rou

Leuens kan ons nie meer vashou

Die  Gees van Waarheid vul ons nou


Het jy geweet dat jy Lig is,

Swart maar net ‘n kleur is,

Dat jy reeds vry is,

Verstaan jy my?


Vinniger vibreer ons saam

Verby is pyn by kraam

Die plek kry ‘n nuwe naam

Gooi weg jou lappe, hoekom nog skaam?


Het jy geweet dat jy Vrede is,

Almal reeds in die hemel is,

Dat die ‘n speelplek is,

Glo jy my?


Hemel en Aarde is weer Een

Breek af die verlede, steen-vir-steen

Al wat is, is Nou – ek meen

Hier is net Liefde – ontvang jou seen


Het jy geweet dat ons Een is,

Elkeen ‘n Gelyke Deel is,

Dat jy Heel is,

Net soos Hy?


DEHON JOUBERT 2003

#DehonWrites

No comments:

Post a Comment